Praktiese redigeerwerkwinkel (Afrikaans)


21 Apr 2018 at 09:00 to 13:30
Place
Komiteekamer, Sentrum vir die Boek (“Centre for the Book”), Koningin Victoria-straat 62, Kaapstad
Event Details

Fokus: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers as hulpbron vir die redigering van Afrikaans

Datum: Saterdag 21 April 2017

Tyd: 09:00 vir 09:30 tot 13:30

Plek: Komiteekamer, Sentrum vir die Boek (“Centre for the Book”), Koningin Victoria-straat 62, Kaapstad

Aanbieder: Sebastian Pistor

Meer oor ons aanbieder

Sebastian Pistor is op George gebore en getoë. Hy was in die heel laaste groep manne wat ten minste 12 maande militêre diensplig moes doen voordat die minimumtermyn tot twee jaar verhoog is. Hy het daarna in die staatsdiens en vir die SAUK gewerk terwyl hy deeltyds aan die eertydse RAU en Unisa gestudeer het. Hy is in die laat 1980’s by die destydse J.P. van der Walt-Uitgewers as teksversorger opgelei voordat hy in 1989 in Die Burger se nagkantoor as teksversorger begin werk het. Hy is die afgelope dekade ʼn eindredakteur by die Kaapse koerant Son en doen ook al jare lank vryskutwerk as proefleser, vertaler en teksredigeerder. Hy was in 2011 die hersiener van Media24 se Afrikaanse stylgids, Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers.

Taalvrae

Stuur asseblief enige vrae oor SAAZ of oor taalgebruik in die algemeen vir Sebastian se aandag aan Corné Janse van Rensburg (cm.jansevanrensburg@gmail.com). Taalvrae moet Corné teen Maandag 16 April 2018 bereik.

Geskenkboeke

Die volgende geskenkboeke sal weggegee word:

  • Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers (2e uitgawe, 2011)
  • HAT Taal- en Feitegids (2013)
  • Norme vir Afrikaans: Moderne Standaardafrikaans (6e uitgawe, 2018)

PEG-gidse

Die volgende gidse sal by die werkwinkel te koop wees:

  • Consistency, consistency, consistency: PEG’s guide to style guides (3e uitgawe) deur John Linnegar saam met Paul Schamberger en Jill Bishop teen R40
  • The business of editing: The PEG guide to setting up and running your small business (2e uitgawe) deur Jill Bishop, John Linnegar en Linda Pretorius teen R50
  • Marketing your freelance services: The PEG guide for practitioners deur John Linnegar saam met Jenny de Wet en Lia Marus een R70

Koste

Die prys vir die werkwinkel wat tee, koffie en verversings insluit, is:

Affiliasie Vroeëregistrasiefooi
(vóór of op 13 April 2018)
Registrasiefooi
(vóór of op 18 April 2018)
PEG-lede R250 R300
LAMP-lede R350 R400
Belangstellendes R500 R600

As gevolg van die grootte van die komiteekamer kan net 24 mense geakkommodeer word. Om jou plek te bespreek, voltooi asseblief die registrasievorm en stuur dit met jou betalingsbewys aan Ellyn Barry by administrator@editors.org.za teen Vrydag 13 April 2018 (vroeë registrasie) of teen Woensdag 18 April 2018 (normale prys).

Benut die afslag vir vroeë registrasie en maak seker jou plek is bespreek vir hierdie geleentheid!